By Tinkie Tonkie is ons trots op Afrikaanse taal en kultuur. Dit is vir ons belangrik dat die kind gelukkig moet wees en met groot opgewondenheid uitsien om elke dag skool toe te kom. Tinkie Tonkie bied die kleuters roetine, gestruktureerde aktiwiteite, asook genotvolle en hanteerbare vryspelaktiwiteite. Tinkie Tonkie Kleuterskool is in die bevoorregte posisie om 'n volledige goed toegeruste klein skooltjie op sy eie, binne in 'n groot skool nl. Laerskool Sanddrift te wees. Hierdie "deel wees" vergemaklik die oorgang vanaf kleuterskool na grootskool.