

Ons is 'n unieke plattelandse skool, slegs 20km buite Brits.
Akademie en kultuur is van die hoogste gehalte. Nie net is van ons leerders toppresteerders op die kultuur-gebied nie, maar in die hoërskole word ons hoë standaard deur oudleerders weerspieël.
Ons sportdeelname is tot voordeel van ons leerders, omrede álle kinders betrek word en nie net die "sterre" nie. Aangesien leerders die geleentheid kry om in skooltyd aan alle aktiwiteite deel te neem, heers daar 'n wonderlike samehorigheids-gevoel.
Ouerbetrokkenheid speel 'n groot rol in ons skool se sukses. Ouers is trots op die skool en ons is trots op ons ouers se insette.