Image
Image

Kleuterskool

By Tinkie Tonkie is ons trots op Afrikaanse taal en kultuur. Dit is vir ons belangrik dat die kind gelukkig moet wees en met groot opgewondenheid uitsien om elke dag skool toe te kom. Tinkie Tonkie bied die kleuters roetine, gestruktureerde aktiwiteite, asook genotvolle en hanteerbare vryspelaktiwiteite.  Tinkie Tonkie Kleuterskool is in die bevoorregte posisie om 'n volledige goed toegeruste klein skooltjie op sy eie, binne in 'n groot skool nl. Laerskool Sanddrift te wees. Hierdie "deel wees" vergemaklik die oorgang vanaf kleuterskool na grootskool.
Image

Kleuterskool Kostes


  • 3-5 jaar R1 500 per maand vir 12 maande.
  • 2-3 jaar R1 630 per maand vir 12 maande.
  • 4 maande - 18 maande:  Babaklas R1 680 per maand.
  • Tydelike kleuters & baba's ook welkom.

Kleuterskool Kontak

Kontakpersoon : Carina Venter 
Cell: 084 565 0209
Email: kleuterskool@lssanddrift.co.za

Kleuterskool Aansoeke

Aansoeke vir toelating
Aansoekvorms beskikbaar by kleuterskool, anders kan e-pos gestuur word om aan te vra na kleuterskool@lssanddrift.co.za.

Kleuterskooltye

Tinkie Tonkie Kleuterskool, is oop gedurende die week, Maandag tot Vrydag.  Naweke, publike vakansiedae en skool vakansies gesluit.  

Personeel is aan diens vanaf 06:45am - 14:30pm
Skooldag begin  amptelik om 07:00am

Kleuterskool Aktiwiteite

Tinkie Tonkie kleuterskool bied die volgende:

Opvoedkundige Onderrig

Konsert

Tema gerigte Instappies en Uitstappies

Atletiek dag

(Nalope, Verspring, Mini gewigstoot, mini Hekkies, skopfiets resies, mini hindernis baan)

Mini Netbal & Welpie Rugby

Kunsklasse

Abacus Maths

Swem lesse

Spraak & Arbeidsterapeute

wat kinders direk by die skool besoek