In 2016 het 59 leerders ingeskryf vir 87 verskillende items, waarvan 53 items A++ verwerf het. Laerskool Sandddift stap ook jaarliks weg met van die trofees in verskeie afdelings.
Ons neem deel aan monoloë, voordrag, gedramatiseerde voordrag asook sang. ATKV-redenaars en Radikale redenaars geniet ook groot aanhang by ons leerders en hul behaal goeie prestasies.
Elke tweede jaar neem een en elke leerder deel aan ons welbekende Musiekblyspel en hierdie jaar sal elkeen die geleentheid hê om deel te neem aan die Kersspel