Die Departement van Onderwys vereis dat inskrywings jaarliks móét hernu word, gepaardgaande met 'n geboorte sertifikaat van u kind/ers en ID dokumente van albei ouers.
Inskrywingsvorms kan direk by die kantoor aangevra, asook in gegee word. Om die proses vir u as ouer te vergemaklik, is daar twee Inskrywingsdae; 15 Januarie en 16 Januarie voor die skole open, waar die personeel vanaf 8:00 tot 11:00 in die saal byeenkom, om inskrywings te hanteer.