Fondsinsameling
Laerskool Sanddrift se oorsprong lê diep gewortel en is sedert 1927 reeds 'n integrale deel van die Afrikaanse gemeenskap van Sanddrift. Sedert die oprigting van die skool het die kinders van ver af gekom om deel te hê aan die skool se afrikaanse, Christelike onderwys.
Ons het reeds 'n voortreflike diens aan die land gelewer deur grondslag onderwys aan honderde jong kinders te lewer, wat op hul beurt weer voort gegaan het om suksesvolle loopbane in allerlei beroepe en professies gaan uitleef het.
Die skool het nog altyd 'n integrale rol gespeel in die gemeenskap en land, en die alumni sluit in prominente leiers in die besigheids wêreld, medisie, regte, opvoeding, sport en kuns.
Nou waarskeinlik die tyd waar ons land leiers, produkte van goeie skole, die meeste nodig het. Ten spyte van die somtyds ontmoedigende prognose, is die potensiaal steeds daar vir Suid-Afrika om 'n wêreld klas nasie te word. Wat nodig is, is 'n paar generasies van opgevoede, energieke en positiewe jong mense wat die verskil maak.
Hiervoor is Laerskool Sanddrift ideaal geplaas om die spogskool in die gemeenskap te bly, binne die staat se opvoeding sisteem wat sukkel en ten spyte van die karige befondsing deur die regering. Die skool het beslis die kapasiteit oms, soos reeds gedoen het vir 90 jaar, voort te gaan om dié tipe jong mense te produseer wat die land sal laat werk.
Huidige skoolfonds en bydraes van die regering is slegs 'n druppel in die emmer om ons prag skool in stand te hou. Om ons ideaal na te streef, en om optimaal te funksioneer, moet Laerskool Sanddrift finansieël selfstandig wees en het ons elke donasie nodig.
Om in Laerskool Sanddrift te belê is 'n belegging vir Suid-Afrika.