Image

Skool Oorsig

skryfbehoeftes.jpg

Handboeke en Skryfbehoeftes

Handboeke word deur die skool voorsien. Indien handboeke verloor of in 'n swak toestand teruggebring word aan die einde van 'n jaar, moet die leerder self die handboek/e betaal. Elke graad voog gee aan elke leerder 'n lysie met skryfbehoefte benodigdhede vir die jaar, daarvolgens word aankope, deur ouers self, gedoen.

skooldrag.jpg

Skooldrag & Klerebank

Die skool se klere kan aangekoop word by:  Orange Brand Consulting & Estetica in Brits.  By die skool is daar 'n klerebank met tweedehandse klere.

Kontak gerus die skoolkantoor vir enige navrae.

vervoer.jpg

Vervoer

Die roetes wat gery word is vanaf Sanddrift na Beestekraal en van daar na Atlanta.  Ons skool beskik ook tants oor 'n bus wat vanaf Brits na die skool ry daagliks. Lees meer oor die bus gelde op die skoolgelde blad.

Erekodes

Ons leerders streef nougeset na dit wat in die erekode saamgevat is:

  • In ons skool streef ons die Christelike lewensbeginsels na en gee die ereplek aan die Drie-Enige God en Sy Woord.
  • Ons talente het ons van Hom ontvang en wend dit aan tot Sy eer.
  • Ons gehoorsaam en eer ons ouers en opvoeders.
  • Ons sal ons te alle tye waardig gedra sodat ons optrede die skool tot eer sal strek.
  • Ons glo in selfdissipline, nederigheid, hoflikheid en lojaliteit.
  • Ons hou onsself en ons omgewing rein en skoon.
  • Ons dien ons Skool, ons Taal en ons Land getrou.
  • ARBEID ADEL

Visie

By Laerskool Sanddrift ontwikkel ons die kind tot volle potensiaal as mens. Die basis van onderrig is Christelike waardes en norme en ons leer ons kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle talente en regte.
By Laerskool Sanddrift word die kinders begelei deur kwaliteit onderrig en 'n georganiseerde milieu tot afgeronde persone. Deur moedertaalondderrig streef ons daarna om die kind geestesweerbaar te maak en om sy vaardighede gebalanseerd te ontwikkel vir die eise van ons tyd.
Ons skool beskik oor gehalte opvoeders en voldoende fasiliteite om leerders te lei in hulle ontwikkeling tot volle potensiaal. In hierdie strewe speel ons ouergemeenskap 'n integrale deel van die opvoedingsplan.

Misie

Laerskool Sanddrift streef daarna om in Sanddrift 'n Afrikaanse Laerskool daar te stel wat:

  • 'n unieke en eiesoortige karakter het;
  • opvoedende onderrrig in Afrikaans aan elke leerder verskaf;
  • gerugsteun word deur Christelike waardes en norme;
  • poog om te voldoen aan die redelike verwagtinge van sy belangegroepe;
  • vir elke leerder redelike geleenthede te skep binne sy/haar vermoë;
  • gebalanseerde, gelukkige en volwasse jongmense wil vorm wat 'n positiewe bydrae tot die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap sal kan maak.

SKOOLLIED LAERSKOOL SANDDRIFT
Deur Ds. L.H. STAVAST


Waar die son se goue strale
Veld en rant met skoonheid tooi
Staan ‘n skool met ideale
Vir sy kinders, sterk en mooi
Seuns en dogters uit een stuk
Bring ons vreugde en geluk
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots
Leer ons bou op vaste rots!

“Arbeid adel” is die leuse
Wat ons altyd met ons dra
En ons gee uit vrye keuse
Wat die lewe van ons vra.
Goeie moed en harde werk
Maak ons gees en liggaam sterk.
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots,
Leer ons bou op vaste rots!

Maar die Heer se genade
Moet ons arbeid vergesel.
Dit moet blyk uit al ons dade
Dat ons graag sy roem vertel.
Christen-wees, dit is ons eer:
Ons is kinders van die Heer.
Sanddriftskool, ons vreugd’ en trots,
Heer ons bou op vaste rots!

Melodie: “My Suid-Afrika”
Richard
F.A.K. Bundel - 1969

Image

Skooltye

Maandag - Vrydag : 7:00vm - 13:30nm

Sat en Son: Gesluit 

Eerste Pouse:     9:00vm - 9:20vm
Tweede Pouse: 11:20vm - 11:30vm

Sport: Maandae, Dinsdae en Donderdae word daar na skool sport beoefen tot 14h30, waar die skoolbus dán vertrek op sy roetes en betrokke ouers self hul kinders kom afhaal.


Kontak gerus die skoolkantoor vir enige navrae.