


Skoolfonds vir 2026, beloop R22,800.00 per jaar. Hierdie gelde kan eenmalig betaal word of op 'n maandelikse basis.
Indien verkies word om die skoolfonds eenmalig te betaal, kry u 'n korting van 5%, indien dit voor die einde van Februarie maand betaal word.
Maandelikse betalings is R1900.00 per maand vir 12 maande. Laasgenoemde betalings moet asb. voor die 7de van elke maand geskied.
Gr. R-Affiliasie R350 (eenmalig)
Laerskool Sanddrift beskik oor debietorder fasiliteite wat baie sterk aanbeveel word. Vorms is by die kantoor beskikbaar.
Atlanta Busgelde beloop R11,550.00 per jaar.
R1050.00 per maand, oor 11 maande.
Vanaf Laerskool Sanddrift word die Beestekraal-Atlanta roete gevolg;
Brits Busgelde beloop R9,350.00 per jaar.
R850.00 per maand, oor 11 maande.
Hierdie bussie ry vanaf Brits tot Laerskool Sanddrift en weer terug in die middae. Skakel gerus die skool kantoor om u kind se plek te bespreek op die bus vir 2026.